MOTORFIETSE

 

'n Skotse driemanskap, bestaande uit Chris Sleigh, Archie Leeming en Archie Balfour, sit elk op 'n tweedehandse Suzuki-DR350-motorfiets. Hulle plan: Om oor die helfte van Europa te ry, dan suid te swaai iewers in Turkye en oor ses maande in Kaapstad aan te kom. Als voor Archie B in Oktober by die Britse weermag moet aansluit. Chris het twee weke voor die vertrekdatum vir die eerste keer op 'n motorfiets geklim. Archie B is nie veel langer as die gemiddelde graad 8-leerder nie. Archie L kon nog nooit 'n baard groei nie. En nie een van hulle weet presies waar om in die enjin vir 'n piston te soek nie. Resep vir chaos? Dalk.