Journals

Ambassadeur I - Afrikaanse Uitgawe

Ambassadeur I - Afrikaanse Uitgawe

In uitgawe een besoek Ambassadeur vyf Afrikaanse musieklegendes – David Kramer, Koos Kombuis, Valiant Swart, Albert Frost en Hunter Kennedy – en gesels met hulle oor hul gunsteling kitare. Wêreldbekende fotograaf, Daniel Naudé, deel sy avonture en die gevoel wat hy ervaar wanneer daar net 'n Hasselblad-kamera tussen hom en 'n reuse Ankole-bees is. Avonturier, Archie Leeming en sy Skotse trawante, spring sonder enige ervaring op 350cc motorfietse en ry van Edinburg tot in Kaapstad. Kitare, motorfietse, branderplanke, seiljagte, mesmakers, langspeelplate, filmmakers, skrywers en meer.

Ook in hierdie uitgawe:

  • In 'n klein werkswinkel in Muizenberg word uitheemse bome geskaaf tot outentieke Hawaiïese branderplanke. 
  • 'n Nostalgiese luisteraar se memoirs oor die eens verbanne LM Radio en die enorme kulterele rol wat dit onder die jeug van Suid-Afrika in die sestig- en sewentigerjare gespeel het.
  • Rouleaux van der Merwe vertel hoe langspeelplate hul stof afskud en weer platespelers en koppe laat draai.
  • Ons skyn die kalklig op twee mesmakers wat met fynwerk, staal slyp tot unieke kunswerke.
  • Filmmaker, Wim Steytler, vertel hoekom hy die betonoerwoud van Johannesburg se middestad as muse beskou.
  • Eers was daar die Dertigers, toe die Sestigers en toe die Tagtigers. Maar wie is die volgende generasie jong skrywers?
  • Haelgeweer-Huwelik – 'n kortverhaal deur Henry Jack Cloete.
  • Koos Kombuis en Pieter-Dirk Uys gesels oor die geskiedenis en karakter van die Carnival Court Backpackers en hoe hierdie gebou hul skryfwerk beïnvloed het.
  • Renaissance-fotograaf, Michael Ellis, ontwikkel ongelooflike platteland foto's in 'n koffie en Vitamien C mengsel.
  • Ambassadeur loop in die voetspore van legendes in die buurt, The Village, in New York.
  • En 'n paartjie waag alles, koop 'n ou seiljag, restoureer dit en seil oor die Atlantiese Oseaan na die Karibiese See vir 'n jaar van avontuur.
    R 250.00