deur Frederika Fourie | 27 September 2011

Louis Esterhuizen

Die jaarlikse Versindaba-poësiefees is weer hierdie naweek gehou en die belangrikste brokkie nuus is natuurlik dat Louis Esterhuizen se bundel Wat die water onthou die wenner van die Protea-prys vir die beste Afrikaanse digbundel is.  Sy talent is uiteindelik tydens hierdie naweek vereer, nadat hy ook vir ‘n ATKV-Woordveertjie toekenning benoem is (maar ongelukkig nie gewen het nie).

 

 

Om aan die voete van hierdie Gamaliël te sit, kan jy gerus by die Protea Boekwinkel op Stellenbosch inloer, waar hy die bestuurder is, en saam met hom inspirasie put uit die gewilde Saterdagpraatjies wat ander skrywers die geleentheid gee om aan ope gesprekke oor relevante kwessies deel te neem.

 

 

Sy boek word uitgegee deur Protea Boekhuis en kan vir sowat R130 by die naaste goeie boekwinkel gekoop word.

Ons hoor graag wat jy hiervan dink:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Kliek hier vir meer informasie